Laerskool Concordia het onlangs sy eretoekenningsaande ter ere aan al die leerlinge wat in akademie, netbal, krieket, landloop, perdry, gimnastiek, redenaars, kunswedstryde, revue en skaak presteer het.
Hier te sien (van links) is André Venter, Graad Drie – Top 10 Akademie, kunswedstrydbalkie, ATKV Toneel 2016, Life Skills – Ekurhuleni-Suid sertifikaat en revue-balkie; Carla Smith, Graad Drie – Top 10 Akademie en revue-balkie; Carien van Krieken, Graad Drie – Top 10 Akademie, kunswedstryd- erebalkie, landloopbalkie en revue-balkie; en Marise Helberg, Graad drie – Top 10 Akademie, beste in Afrikaans, wiskunde, lewensvaardigheid, beste leser in Graad Drie A1, redenaarsbalkie en kunswedstryd half-
Die Junior Eretoekenningsaand is op 7 November vir al die Graad Een tot Drie presteerders gehou.
Die Senior Eretoekenningsaand het op 9 November vir Grade Vier tot Sewe plaasgevind.
In die foto is, agter (van links): Kyle Smith, Graad Sewe – wisseltrofee vir Veelsydigste Seun in Graad Sewe, skoolkoerant redaksie, deelname aan ATKV Toneel 2016, krieket eerstespan, hoofseun 2017, akademiese balkie, kunswedstrydbalkie en revue-balkie; Marli van Krieken, Graad Sewe – skoolkoerant redaksie, hoofdogter 2017, erebalkie vir landloop – D6, akademiese balkie en revue-balkie; Corné Venter, Graad Sewe – skoolkoerant redaksie, deelname aan ATKV Toneel 2016, krieket eerstespan, onderhoof
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!