Voormalige burgemeester Abe Meyer sterf
In 1980, word hy vir die eerste keer as burgemeester van Boksburg verkies en weer in 1986/87.
Voormalige burgemeester van Boksburg Abe Meyer is as gevolg van Covid-19 komplikasies op die ouderdom van 89 jaar op 7 April oorlede.
Meyer het sedert 1954 in Boksburg gewoon nadat hy sy onderwysdiploma by die Heidelbergse Onderwyskollege voltooi het en het al die jare belangstelling in politiek gehad.
Hy was was sedert 1977 die raadslid vir Wyk 10.
In 1980, word hy vir die eerste keer as burgemeester van Boksburg verkies en weer in 1986/87.
Hy het ook twee jaar op die bestuurskomitee gedien, een jaar as ondervoorsitter en een jaar as lid, en was ook vir ’n lang tydperk voorsitter van die Boksburg Sakekomitee en, sedert 1962, ’n aktiewe lid van Boksburg Rapportryerskorps.
In 1980, het hy die CF Beyers Skild vir Loofwaardige Diens aan die Afrikaner deur die CF Beyers Junior Rapportryerskorps ontvang.
Die burgersentrum is in sy termyn geopen, wat in daardie stadium die eerste van sy soort in Suid-Afrika was en die tweede ter wêreld.
Meyer was ook die hoof van Edith Hinds LSEN Skool in Johannesburg vanaf 1969 tot 1994.
Hy het daarna afgetree en na Dullstroom verhuis om voltyds te boer.
Hy word oorleef deur sy drie kinders, drie kleinkinders en ’n agterkleinkind.
LEES OOK: Mathys Roets dra by tot die sukses van VLU se sop-en-sjerrie oggend
LEES OOK: Inspan Volkspelelaer Boksburg weer aan die dans




