Hoërskool Oosterlig het die inisiatief geneem om hierdie jaar ‘n boekklub, Ateas, te stig, waar lede een keer ‘n maand vergader om die gekose boek te bespreek.
Tydens Mei-maand het die boekklublede die boek Spel deur Annerle Barnard gelees. Daar is besluit om die skrywer uit te nooi na ‘n boekklub-byeenkoms wat onlangs plaasgevind het. Barnard het haar kennis en raad met die boekklublede kom deel.
Die fenomenale skrywer het ‘n goue Sanlamprys vir jeugliteratuur verower vir dié wetenskap-fiksie. Barnard het reeds drie boeke gepubliseer, onder andere, Sindikaat, Sweepslag en Spel.
Sindikaat het ‘n silwer Sanlamprys ingepalm.
Dit was ‘n riem onder die hart dat Barnard al die pad van die Vrystaat gereis het om met die Oosies te gesels. Die sessie was verrykend en die Oosies se oë het geblink van entoesiasme.
Barnard het dan ook ‘n skryfkursus vir die matrieks aangebied ten einde hul kreatiewe skryfwerk te verbeter.
Die skool glo die besoek gaan beslis die lees-en-skryf gogga in Oosterlig laat groei.
Lees Ook: Oosterlig verwelkom nuwe personeel
Lees Ook: Oosterlig blink uit in skryfkompetisie



