Met blink oë, groot drome en ’n passie om die skool met trots te verteenwoordig, staan Laerskool Baanbreker se nuwe hoofleiers gereed om 2026 aan te pak. Die skool is trots om sy hoofleierskapspan vir 2026 aan die gemeenskap bekend te stel: Mieke Churchill (hoofdogter), Zayden Pistorius (hoofseun), JJ Haasbroek (onderhoofseun) en Chloe D’Aubrey (onderhoofdogter). Laerskool Baanbreker wens die leiers alle sterkte toe vir die jaar wat voorlê en vertrou dat hulle met toewyding, respek en voorbeeldige gedrag hul mede-leerders sal lei en die skool se waardes sal uitleef.