Local news

Baanbreker Voortrekkers vier mylpaal van 45 jaar

Baanbreker Voortrekkers is gestig op 7 Februarie 1980 by Laerskool Baanbreker.

Die Baanbreker Voortrekkers vier vanjaar ‘n groot mylpaal – hulle 45ste verjaarsdag.

Kommandoleier Louise Botha het gesê die kommando is trots dat hul steeds sterk staan en bou op die fondamente wat vir hul gelê is deur die eerste leiers.

Geskiedenis
Baanbreker Voortrekkers is gestig op 7 Februarie 1980 by Laerskool Baanbreker.

Volgens die fakkeldraer van die Voortrekkers, Kobus Swanepoel, was daar op op daardie stadium 26 000 Voortrekkers en 243 Voortrekkerkommandos landwyd.

Tienie Jansen van Vuuren word eenparig verkies as kommandoleier en Hennie Venter as adjunk-kommandoleier.
Sekretaresse en penningmeesteres was Kosie Blanche, ‘n Graad Een-onderwyseres by Laerskool Baanbreker. Die Kapelaan was ds JJ de Klerk.

Daar het 11 offisiere en 13 heemraadslede aangesluit.

Die eerste kommandokamp was deur omtrent 110 lede bygewoon.

Staaltjies

Baanbreker Voortrekkers in 1985. Foto: Verskaf

Venter het verduidelik day hy en Janse van Vuuren die kommando gestig het omdat hulle gesien het dat daar ‘n behoefte aan ‘n kommando in die omgewing is.

“Ek onthou nog die Geloftediens wat elke jaar op 16 Desember op die Prince Georgepark gehou is. Die baie mense van Boksburg wat die diens bygewoon het, het op die paviljoen gesit en Baanbreker Voortrekkers het met sonsopkoms om 05:00 die oggend dan die landsvlag gehys. Dit is gedoen vir 25 jaar totdat die diens na die NG Klipkerk verskuif is.”

Venter het gesê dat baie dinge oor die jare by die Voortrekkers verander het.
“Die uniforms is nie meer dieselfde nie. In daardie stadium was dit bruin en kentekens was ook ingesit. Nou dra hulle gholfhemde saam met ‘n denim,” het hy gesê

Oor die kommando se mylpaal het Venter gesê dit is wonderlik om te sien dat iets wat jy in 1980 begin het steeds floreer.

Toekomsplanne en vieringe

Baanbreker Voortrekkers kommandoleier Louise Botha.

Botha het verduidelik haar toekomsplanne vir die Baanbreker Voortrekkers is om die kommando te laat groei en op te bou.

“Ons sal ook deur die loop van die jaar die kammando se verjaarsdag vier.”

Die Voortrekkers is ’n kultuurbeweging wat in besonder die jeug toerus om as moderne Afrikaners, positiewe burgers en konsekwente Christene hulle roeping deur diensbaarheid uit te leef.

Die Baanbreker Voortrekkers kom gewoonlik elke Maandag van 16:00 tot 17:00 by Laerskool Baanbreker bymekaar.

Vir meer inligting, skakel die kommandoleier, Louise Botha, by 074 911 1225.

Lees Ook: Baanbreker vier 120ste bestaansjaar

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button