Local newsNews

Boksburg-tak vra Paaseier-skenkings vir bejaardes

’n Hand vol Paaseiers en ’n oomblik se geselskap kan Paasfees vir ’n bejaarde besonders maak- en dít is presies wat Solidariteit Helpende Hand in Boksburg beoog.

Die Paastyd is op pad en Solidariteit Helpende Hand se Boksburg-tak doen ’n beroep op die gemeenskap om vanjaar weer ’n verskil in bejaardes se lewens te maak.

Die tak vra skenkings van malvalekker Paaseiers wat aan oumas en oupas in die area uitgedeel sal word. Volgens Annerie du Pisanie, voorsitter van die Boksburg-tak, is die doel om bejaardes gedurende die Paastyd met ’n klein bederfie en ’n bietjie geselskap te verras.

“Boksburg-kinders gaan vir elke bejaarde ’n handgemaakte geskenk maak wat saam met die Paaseiers uitgedeel sal word. Hulle gaan ook die oumas en oupas besoek en hulle vermaak,” sê du Pisanie.

Sy voeg by dat enige skenking opreg waardeer sal word en dat die projek daarop gemik is om warmte en omgee in die gemeenskap te versprei.

Skenkings kan by Tiendestraat 32A, Boksburg-Noord afgelewer word. Belangstellendes wat nie self kan aflewer nie, kan ook reëlings tref om skenkings te laat afhaal.
Vir meer inligting of om skenkings te reël, skakel Annerie du Pisanie by 083 990 3624 of Cecilia by 071 609 4958.

Also Read: Solidariteit Helpende Hand bring weer hoop met tassie-projek

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button