Local newsNews

Voortrekkers span saam om speelgrond op te kikker

Lede het met oorgawe ‘n laer van gemeenstapsdiens om Laerskool Witfield getrek.

Lede van die Susan Badenhorst Voortrekkerkommando in Witfield het op 23 Mei hul vellies verruil vir oorpakke om Laerskool Witfield se Graad R-speelgrond in helder kleure te verfraai.

’n Span van 20 lede het dou voor dag saamgetrek met een doel: om ’n speelgrond in hul diensgebied te verfraai tot die genot en plesier van die skool se jongste leerders.

“Gemeenskapsdiens is een van die vakkies van die beweging wat ons baie na aan die hart lê,” het kommandoleier Annetjie Smit gesê.

“Ons streef om deur ons werksaamhede ’n tasbare verskil te maak in die lewens van ons mense.”

Oor die projek het Annetjie gesê dat ’n nuwe jassie verf nie al is wat die kommando op die dag vermag het nie.

“Ons het gebreekte en gevaarlike speelapparate verwyder, asook noodsaaklike herstelwerk aan klimrame aangebring om te verseker dat leerders heerlik kan baljaar,” het sy gesê.

“Ons het verder ’n nabygeleë tuin opgeknap en met vrolike plante versier.”

Alhoewel Annetjie hoop dat die opknappingswerk leerders se nuuskierigheid sal prikkel om meer oor die beweging uit te vind, sê sy dit gee haar blydskap om te weet dat die leerders berusting kan vind in die wete dat vreemdelinge vir hulle omgee.

Die Susan Badenhorst Voortrekkerkommando vergader elke Maandag, en jong lede kan uitsien daarna om tasbare lewens- en leierskapsvaardighede te leer, asook om deel te vorm van opwindende uitstappies en avontuurgedrewe kampe – in hul eie taal en gegrond op die Afrikaanse kultuur.

Vir meer inligting of om aan te sluit, skakel Annetjie by 082 922 7889.

LEES OOK: Susan Badenhorst Voortrekkers ervaar boemelaarslewe tydens kamp

LEES OOK: Annetjie neem leisels by Susan Badenhorst Voortrekkerkommando

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Jani de Beer

Jani went from working as a student intern for the Boksburg Advertiser to being employed as a junior journalist in 2004. Taking time out to start a family, she returned to the Caxton family in 2022 as senior journalist for the Benoni City Times. Her passion is telling her community's stories.

Related Articles

Back to top button