Skopbokser skitter in goud en silver
“Skopboks verg harde werk, dissipline en deursettingsvermoë.”
Laerskool Baanbreker se MJ Beets (11) het goud en silver verwerf tydens die onlangse South African Kickboxing Association (SAKA) Nasionale Skopbokskampioenskappe, in Oudtshoorn.
Met meer as 1 400 deelnemers wat tydens die kampioenskappe die matte betree het, moes die lid van die XKT-Klub in Brakpan homself staal teen strawwe mededingers.
Tydens sy deelname in puntegeveg-afdeling het hy bo aan die punteleer geëindig en goud gewen asook silver vir beide lig skop en deurlopend afdelings.
Dié Graad Vyf leerder het besonders presteer op nasionale vlak wat ‘n getuigskrif is van sy toewyding om voortdurend te verbeter.
LEES OOK: Waatlemoenpret skop Baanbreker Voortrekkers se jaar af
LEES OOK: Oosie is ‘n ‘boffin’ in Afrikaans








