Local news

Word deel van die Boksburg VLU

Die VLU se missie gaan oor die opheffing van vroue.

Die Vroue Landbou Unie (VLU) se Boksburg-tak nooi lede van die publiek, oud en jonk, om by die tak aan te sluit.

Die VLU bestaan al vir meer as 90 jaar en is ’n organisasie wat die volwasse vrou verryk en bemagtig. Hulle glo in bemagtiging deur vaardighede en kennis met mekaar te deel.

Tydens die plaaslike VLU se vergardering te NG Kerk Boksburg (Klipkerk) op 5 Oktober, het die vroue weer lief en leed gedeel.

Barbara Nell, president van die Goudrif-streek het by die tak besoek afgelê en die vroue toegespreek. Die tak se toekoms is ook bespreek.

Boksburg VLU kom elke eerste Woensdag van die maand om 10:00 by die Klipkerk bymekaar.

Kontak Alta Prinsloo by 082 612 0844 vir meer inligting en navrae.

Also Read: Boksburg VLU geniet vergadering

Also Read: Boksburg VLU sluit jaar af

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button