Skole wat Helpende Hand help kan R10 000 wen
Die skool wat die meeste items insamel sal met die prys wegstap.
Plaaslike skole word aangemoedig om Solidariteit Helpende Hand se Oos-Randse Ons Winkel skole kompetisie te ondersteun en sodoende ‘n moontlike R10 000 in die sak te steek.
Leerders word gevra om items soos klere, linne, meubels en elektriese toestelle te skenk. Vir elke donasie ontvang die skenker ‘n koepon wat in die koeponhouer by die Ons Winkel Boksburg ingegooi kan word. Daar is ook koeponhouers by van die plaaslike skole.
Elke item wat geskenk word is ‘n sekere aantal punte werd en die skool in die Oos-Rand met die meeste punte sal wegstap met R10 000.
Hierdie kompetisie maak einde Oktober klaar.
Die organisasie omskep ongewenste artikels in kontant om, en met die kontant skep hul onder meer studiefondse vir behoeftige kinders en pak armoede met gemeenskapsprojekte aan.
Vir meer inligting, kontak Annerie du Pisani by 083 990 3624.
Lees Ook: Publiek uitgenooi na Helpende Hand se vergadering in Witfield
Lees Ook: Local police officer’s photo being used in extortion scam



