Local news

Vrolike vergadering vir VLU

Lede van die publiek word uitgenooi om aan te sluit by die tak.

Pienk was aan die orde van die dag tydens die Vroue Landbou-Unie (VLU) Boksburg-tak se maandvergadering te The Rabbit Hole Coffee Café op 2 Augustus.

Nee, dit was nie omdat die vroue saam met die wêreld Barbie-koors het nie. Hulle het net pienk cappuccinos en warmsjokolade by die koffiewinkel, wat pienk versier is, geniet.

Die vroue het soos gewoonlik lief en leed gedeel.

Een van die hoogtepunte van die vergadering was die bespreking van ‘n projek vir die VLU Overvaal konferensie wat op 30 en 31 Augustus by Ou Meulstroom gehou gaan word.

Die tak samel plakkies (vir ouderdomme 0-18), deodorant en handdoeke in wat aan organisasies verbonde aan SAVF versprei gaan word.

Skenkings van die publiek sal waardeer word of ‘n finansiele bydrae wat gebruik sal word om die produkte aan te koop.

Die voorsitter van die tak, Marinda Janse van Rensburg nooi die publiek uit om betrokke te raak.

Die VLU bestaan al vir meer as 90 jaar en is ‘n nie-winsgewende organisasie wat die volwasse vroue verryk en bemagtig. Hulle glo in bemagtiging deur vaardighede en kennis met mekaar te deel.

Die plaaslike tak kom weer 6 September byeen en gaan Anton Smit Studio in Bronkhorstspruit besoek.

Vir meer inligting, skakel Janse van Rensburg by 072 120 7086.

Lees Ook: Alta trap diep spore by VLU

Lees Ook: Local police officer’s photo being used in extortion scam

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button