Local news

Inspan se saamtrek ‘n sukses

Volkspelers van regoor oor die land se ondersteuning het bygedra tot die sukses van die geleentheid.

Inspan Volkspele Laer Boksburg het op 16 September hul jaarlikse saamtrek te Witfield Park Aftree-Oord geniet.

Die geleentheid is deur Volkspelers van regoor die land goed ondersteun.

Spelers van Bethlehem, Nylstroom, Pretoria, Alberton en selfs Randfontein het ook die geleentheid bygewoon.

Volgens Marita van der Walt, sekretaresse van Inspan Volspelelaer, was daar heerlik saamgespeel, gesing en ook geëet aan ‘n ligte maaltyd wat die Inspan-niggies met sorg voorberei het.

Vele van die Witfield Park inwoners het ook die geleentheid as toeskouers bygewoon en dit baie geniet.

Inspan Volkspelelaer se oefenaande is op Dinsdae om 19:00 by Witfield Park Aftree-Oord.

Lees Ook: Inspan haal uit en wys in optrede

Lees Ook: Volkspele goed vir gees en vlees

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button