Local news

Concordia is agter jou bloed aan

Lede van die gemeenskap word aangemoedig om die projek te ondersteun.

Met die feesseisoen wat nader kruip het die Suid-Afrikaanse Bloeddiens (SANBD) skenkers se ondersteuning nou meer as ooit nodig.

Daarom is dit die perfekte geleentheid om Laerskool Concordia se bloedskenkdag op 27 Oktober op die skoolgronde te ondersteun.

Die skool is by Rietfonteinweg 99 geleë en die span van die nasionale bloedbank sal op altwee dae van 10:30 tot 15:30 gereed wees om skenkers by te staan.

Om bloed te kan skenk moet jy:
• Tussen die ouderdom van 16 tot 75 wees.
• Jy moet 50kg of meer weeg.
• Jou gesondheid moet in ’n goeie toestand wees.
• Jou tatoeëring moet ouer as drie maande wees.
• Jy moet ’n gesonde leefstyl hê.
• Jou bloed moet geskik wees vir oortapping aan ’n ander pasiënt.
• Jy moet toegewyd wees om gereeld bloed te skenk.

Lees Ook: Concordia skaakspelers maak trots

Lees Ook: Concordia se bloedskenkdag stil

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button