Local news
Volkspelers maak ‘n tiekiedraai by Inspan se kuieraand
Dit was 'n heerlike aand van sang en spel vir die volkspelers en inwoners.
Inspan Volkspelelaer het onlangs ‘n vrolike kuieraand by die Witfield Park Aftree-Oord aangebied.
Volkspelers van die Oos-Rand asook Erikalaer in Pretoria het saam kom speel en tiekie gedraai.
Van die inwoners het dit ook bygewoon en lekker saamgesing.
Almal het na die tyd verversings en koffie geniet.
Inspan Volkspelelaer vergader elke Dinsdagaand om 19:00 by die aftree-oord.
Lees Ook: Inspan se saamtrek ‘n sukses
Lees Ook: Inspan Volkspelelaer steeds aktief
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



