Local news

Helpende Hand Boksburg wil nou al Kersfees geskenke insamel

Die tak sal die gemeenskap se ondersteuning waardeer.

Kersvader is al vroeg hierdie jaar bedrywig.

Al dink meeste mense nie nou al aan Kersfees nie, het Solidariteit Helpende Hand Boksburg dit goedgedink om bruikbare Kersgeskenke in te samel vir kinders en senior burgers.
Annerie du Pisanie, voorsitter van die plaaslike tak, het verduidelik hul versoek nou elke maand ‘n ander item.

Dit is soos volg:
Mei: Tandepasta en tandeborsels
Junie: Seep en waslappe
Julie: Noodsaaklike skryfbehoeftes
Augustus: Speelgoed
September: Skenk ‘n uitrusting en skoene
Oktober: Lekkergoed
November: Verrassings

Du Pisani het gesê sy wil so veel as moontlik bokse vol maak om Kersfees uit te deel.

“Daarom wil ek die gemeenskap aanmoedig om die inisiatief te ondersteun. As mens nou al begin om elke maand iets koop of kry sal nie Desember alles op een slag hoef te koop nie. Ons sal dit waardeer as mense kan help met ‘n boks, maar dit sal ook help as mense iets kan bydra.”

Laai jou bydraes af by 10de Straat 32a, Boksburg-Noord.Vir meer inligting, kontak Annerie by 083 990 3624.

Also Read: Helpende Hand samel skryfbehoeftes in vir minderbevoorregtes

Also Read: Skole wat Helpende Hand help kan R10 000 wen

   

Related Articles

 
Back to top button