Local news

Susan Badenhorst Voortrekkers leer baie tydens kamp

Susan Badenhorst Voortrekker Kommando is op 22 Januarie 1980 gestig.

Lede van die Susan Badenhorst Voortrekker Kommando het onlangs hul jaarlikse kommandokamp by die Altelekker Kampterrein in Olifantsfontein geniet.

Kommandoleier Gerhard Marais het gesê dié suksevolle kamp is bygewoon deur 15 Penkoppe en Drawwertjies, vier Verkenners en twaalf offisiere en heemrade.

Spesialisasie gebiede van blare, ek weet, junior godsdiens, my taal en musiek en sang was aangebied.

Verder het die verkenners seremonies gedoen.

“Tussen al die werk was daar ook hope pret. Almal het die kamp baie geniet,” het Marais gesê.

Susan Badenhorst Voortrekker Kommando is ‘n dinamiese jeugbeweging wat steeds van krag tot krag gaan.

Die beweging leef die norme van goeie Afrikanerskap, goeie burgerskap en Christenskap uit.

Lede kom elke Maandagmiddag tussen 17:15 en 18:15 bymekaar by die NG Kerk Witfield, Lowtherstrtaat 65.

“Alle kinders van Graad R tot Graad Sewe en ook jong volwassenes wat in die hoërskool is word genooi om te kom kyk wat ons maak. Ons het ook uitstekend geleenthede vir ons werkende volwassenes en ouers in ons gemeenskap om betrokke te raak,” het Marais gesê.

Vir meer inligting besoek www.transvaal.voortrekkers.org.za. Laai ook die Die Voortrekkers toepassingsprogrammatuur op jou foon vanaf die Google Play Store.
Kontak Marais by 083 462 6428.

Also Read: Susan Badenhorst Voortrekkers kamp lekker

Also Read: Susan Badenhorst Voortrekker Kommando gee terug aan die gemeenskap

   

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button