Local news

Leer SB Voortrekkers se nuwe kommandoleier ken

Vir Louis is die beste ding van die Voortrekkers om te sien hoe 'n kind 'n taak suksesvol voltooi.

Toe hy ‘n jong seun was, was Louis Grobler betrokke by die Susan Badenhorst Voortrekker Kommando.

Hy is nou terug as kommandoleier. Grobler het onlangs die leierskap van Gerhard Marais oorgeneem.

Die Boksburg Advertiser het by Grobler se deur aangeklop om meer uit te vind oor hom en sy visie vir die kommando.

Hoe het jy betrokke geraak by die Voortrekkers en wanneer het jy by die Susan Badenhorst Voortrekkers aangesluit?
Voortrekkers was ’n beweging wat ondersteun was deur die skole in die omgewing – ’n kultuur organisasie wat deur die gemeenskap ondersteun was en so het my ouers my op nege by Susan Badenhorst Kommando in Witfield ingeskryf. Ek het begin in Standard Een (nou se Graad Drie) en daar het my avontuur eers as Penkop (laerkool seun) en toe as ’n Verkenner (hoërskool seun) begin. Dit het gegroei as student waar ek as staatmaker by ander kommados in die land ook betrokke geraak het. Uiteindelik met die koms van my eie kinders het ek by die Voortrekkers teruggekeer as offisier en nou kommandoleier.

Wat dink jy gaan jou grootse uitdaging as kommandoleier wees, en hoe gaan jy dit oorkom?
Die gootste uitdaging vir ons as kommando en my as kommandoleier is om ons getalle te vermeeder, met die omgewing wat verander en skole wat nie meer pro-kultuur organisasies is nie maak dit moeilik om kinders betrokke try kry wat belangstel en weet van ’n organisasie soos die Voortrekkers. Nie eers om te praat van die kompetisie van sport en buitemuuurse aktiwiteite nie.

Hoe sien jy die rol van die Voortrekkers in die gemeenskap en wat is jou hoop en visie vir die kommando?
Die Voortrekkers het gemeenskapsprojekte waaraan ons deelneem. Ons samel proppies in vir rolstoele, tweedhandse klere wat ons skenk, maar die grootste rol is om die lede van die Voortrekkers te help om te leer hoe om in die gemeenskap as positiewe burgers op te tree.

Wat is een verandering of verbetering wat jy graag in die Voortrekker-organisasie sou wou sien?
Dat die gemeenskap meer betrokke kan raak – kan verstaan / ervaar en betrokke te raak om ’n kultuur organisasie te ondersteun.
Hoe balanseer jy jou tyd tussen jou verantwoordelikhede as kommandoleier en jou persoonlike lewe?
Dit is maar altyd moeilik, maar Voortrekkers is in baie huishoudings ’n familiesaak – so ook in myne. Dit help dat my gesin ook Voortrekkers is en die waarde daarvan verstaan om dit te kan maak werk en aanwend vir die groter doel in die gemeenkap.

Wat is jou gunsteling deel van die Voortrekkers en hoekom?
Om te sien die vreugde as ’n kind iets regkry. Van hoe om ’n spesifieke knoop te kan maak tot om ’n seilboot self te kan beman. Eers is daar die vrees en onsekerheid, soms trane, maar dan die vreugde, die ekstase daarvan wanneer hulle dit reggekry het.

Hoe moedig jy jonger lede aan om betrokke te raak en saam met die Voortrekkers te groei?
Aktiwiteiete moet leersaam tog pret wees – as beide bereik word glo ek sal groei bevorder word.

Kan jy vir ons ‘n bietjie meer vertel oor jou persoonlike lewe?
Die maatskappy waarvoor ek werk verskaf kwaliteitsinspeksies op vars produkte wat uitgevoer word, voer voedelveiligheidsaudits uit, asook die koue ketting beheer van die produkte. Ek doen opleiding en evaluering van die inspekteurs in die maatskappy.

Susan Badenhorst Voortrekker Kommando is ‘n dinamiese jeugbeweging wat steeds van krag tot krag gaan.
Die beweging leef die norme van goeie Afrikanerskap, goeie burgerskap en Christenskap uit.Lede kom elke

Maandagmiddag tussen 17:15 en 18:15 bymekaar by die NG Kerk Witfield, Lowtherstrtaat 65.

Vir meer inligting, kontak Louis by 082 495 5969.

Also Read: Susan Badenhorst Voortrekker Kommando gee terug aan die gemeenskap

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button