Helpende Hand is dankbaar vir skenking
Die organisasie se doelwit is om die kringloop van armoede te breek deur kinders opleiding te bied sodat hulle selfsorgende volwassenes met ’n roeping in die lewe kan word.

Die Solidariteit Helpende Hand Boksburg-tak bedank Justine Koch van The Serve To Grow Foundation vir haar ruimhartige skenking van ‘n duisend doeke.
Volgens die tak voorsitter, Annerie du Pisanie, is hierdie skenking is van onskatbare waarde.
“Dit stel die tak in staat om ander organisasies te ondersteun wat omsien na van die mees kwesbare individue in ons gemeenskap, insluitend ouer persone en persone met gestremdhede.
“Ons is dankbaar vir hierdie wonderlike bydrae.
“Dit is deur gebare soos hierdie dat ons ons missie kan voortsit om ‘n positiewe verskil te maak in die lewens van dié wat dit die nodigste het,” het die tak voorsitter gesê.
Die samewerking tussen organisasies soos The Serve To Grow Foundation en Solidariteit Helpende Hand is ‘n bewys van die krag van gemeenskap en medemenslikheid.
Enige persoon of instansie wat ‘n bydrae wil maak, word aangemoedig om met die Boksburg-tak in verbinding te tree. Skakel Du Pisanie by 083 990 3624.
Lees Ook: Helpende Hand maak weer sukses van Tassie-projek