Local news

Sluit aan by Suiderland Volkspelelaer en bewaar die Volkspele-kultuur

Kom maak 'n tiekiedraai by Suiderland Volkspelelaer.

Die Suiderland Volkspelelaer is passievol daaroor om die Volkspele-kultuur te bewaar.

Die laer bestaan al vir 52 jaar, en is oorspronklik gestig in die Gereformeerde Kerk in Primrose.

Nadat die kerk in Primrose onlangs gesluit is, kom die lede nou Donderdae van 19:15 tot 21:00 by die Gereformeerde Kerk Boksburg in Scribantestraat byeen.

Suiderland Volkspelelaer nooi gemeenskapslede wat betrokke wil wees by Volkspele uit om by die laer aan te sluit. Vir meer inligting, kontak laerleier Johan de Beer by 082 443 3783.

Lees Ook: Inspan sluit die jaar af

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button