Local news

Helpende hand wil senior burgers help met badkamersakkies

Die gemeenskap word aangemoedig om die projek te ondersteun.

Helpende Hand Boksburg-tak het onlangs ‘n inisiatief van stapel gestuur om bejaardes te help deur die insameling van badkamersakkies, wat persoonlike higiëne produkte bevat.

Die items wat in die sakke geplaas word sluit in ‘n tandeborstel, tandepasta, lyfseep, lyfroom, spons of waslap, en sjampoe.

Volgens die tak voorsitter, Annerie du Pisanie, is daar ‘n groot behoefte aan hierdie produkte, aangesien baie bejaardes nie altyd kan bekostig om dit aan te koop nie.

“Ons het al hierdie tipe produkte aan senior burgers geskenk, en dan is hulle baie dankbaar daarvoor,” het sy gesê.

Du Pisanie het verduidelik die tak sal eers fokus op die bejaardes by Andries Scribante Haven, maar hul doel is om soveel behoeftige senior burgers as moontlik te ondersteun.

“Ons wil hierdie projek volhoubaar maak en poog om een keer per maand ‘n skenking te maak. Dit sal die bejaardes help as ons hulle gereeld van die nodige items kan voorsien,” het sy bygevoeg.

Lede van die gemeenskap wat wil bydra tot hierdie projek, word uitgenooi om Du Pisanie te kontak.

Sy sal die skenkings namens die tak gaan oplaai en die items aan die bejaardes verskaf.

“Ons hoop dat die gemeenskap saam met ons sal werk om van hierdie projek ‘n sukses te maak. Ek beplan ook om kleuterskole te vra om ons te ondersteun,” het Du Pisanie afgesluit.

Vir meer inligting, slakel Du Pisanie by 083 990 3624.

Lees Ook: Helpende Hand is dankbaar vir skenking

  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button