Local news

Cheers op die whisky-trein

’n Gedenkplaat op die brug waar die trein ontspoor is, beskryf die vrolike afloop van die gebeurtenis.

Met doedelsakke wat in die agtergrond speel, was die toneel gereed vir ’n epiese, en ietwat ongewone, Anglo-Boereoorlog-geveg.

Talle toeskouers het saamgedrom om die heropvoering van die Slag van die Whisky-trein dop te hou, wat op 12 April naby die klein dorpie Val (tussen Standerton en Greylingstad) plaasgevind het.

Volgens historiese bronne het voorrade in die Boerekamp in dié gebied teen Desember 1900 begin opraak. Dit het die broers Gert en Jack van den Heever aangespoor om ’n trein te ontspoor wat hulle geglo het voorrade aan Britse soldate moes lewer.

’n Geveg het uitgebreek tussen die Boere te perd en die Britte by die trein, totdat die Britte uiteindelik oorgegee het – met ’n paar wit Long Johns wat as vredesvlag gehys is.

Hoewel die Britse soldate gevange geneem is, het die Boere vinnig ontdek dat die trein se vrag nie uit voorrade bestaan het nie, maar uit lekkernye, bier en whisky.

Wapadrand-dansers Lourens Holtzhausen en Johané van Niekerk.
Rita Britz sluit haar oë tydens ’n minuut van stilte.
’n Brit swaai ’n wit onderbroek in die lig om te wys hulle gee oor.
Mila dos Santos en Handro Kruger wys hoe lekker Boeredanse is.

LEES OOK: Watch: Keeping our history alive

Die geveg het spoedig in ’n vrolike drinkpartytjie ontaard. Die gevange Britte is vrygelaat en selfs genooi om saam te vier.

’n Gedenkplaat op die brug waar die trein ontspoor is, beskryf die vrolike afloop van die gebeurtenis soos volg:

“Boer en Brit het vir ’n wyle van die oorlog vergeet en heerlik om die treinwrak feesgevier. Niemand is in die voorval beseer nie.”

Plaaslike inwoners is op die slagveld vergesel deur lede van die Military Collectors and Re-enactors of South Africa (MCRS) en die Dundee Diehards-heropvoeringspan.

Kira dos Santos en LC du Preez.
Nannette Robson en Christine Panaino van Alberton het soos Engelse dames aangetrek.
Cheers op die Whisky-trein! Leo en Tess Middelberg en Elize en Gary Leibbrandt van Secunda klink hul blikbekers op Val.
John Ross Edmond speel Sarie Marais op die doedelsak.
‘Oom Paul’ lei ’n optog van almal wat volgens die tema aangetrek het.
Willie Esterhuizen van Kemptonpark en Chris Lombard van Ekenhof sluk ’n kleine kleine af.
Jan Pruter en Hessie Pavier voer ’n paar danspassies van hul eie uit.

Besoekers het na gassprekers Professor Fransjohan Pretorius en Jackie Grobler kon luister, en is ook genooi om volgens die tema aan te trek.

Rika van Aswegen en John Ross Edmond is met pryse beloon vir die beste uitrusting.

Die feesvieringe het by die Val Hotel voortgeduur, waar tradisionele Boerekos bedien is op emaljeborde en -bekers wat besoekers by ingang ontvang het.

Die Wapadrand Boeredansgroep het ’n verskeidenheid danse opgevoer tot groot genot van die skare, veral vir die 72-jarige Jan Pruter, wat vir Hessie Pavier nadergetrek het vir ’n dansie op die enigste teerpad in die dorp.

Heila Smal en Hester Voges van Heidelberg, en John Ross Edmond vier saam die whisky-treinoorwinning.
Rika van Aswegen en John Ross Edmond is as die wenners van die pryse vir die beste uitrustings.
Magnus Bester swaai vir Mila dos Santos in die rondte.
Nannette Robson en Christine Panaino van Alberton het soos Engelse dames aangetrek.
Die Khakies (Britte) skiet terug om die Boere te keer.
Die Boere kom te perd aangejaag in die heropvoering van die slag van die whisky-trein.

LEES OOK: Leer SB Voortrekkers se nuwe kommandoleier ken

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button