Local news

Heidelberg oorleef ERU se laat aanslag by die Graveyard

'n Eerste helfte vol foute, ’n tweede helfte vol vuur, maar dit was net-net nie genoeg vir ERU om te wen nie.

Heidelberg Rugbyklub het Saterdag ‘n naelbytsege van 34-31 oor East Rand United (ERU) behaal tydens ‘n Valke Merlin-ligawedstryd by die Graveyard in Reiger Park.

Die besoekers het met ‘n stewige voorsprong van 31-10 in die pouse ingegaan, maar moes alles in die stryd werp om ‘n vurige ERU-terugkeer in die tweede helfte te oorleef.

Die eerste helfte is oorheers deur Heidelberg, wat vinnig hulle stempel op die wedstryd afgedruk het. Hul agterlyn het vlot agtereenvolgende drieë gedruk, en ERU het gesukkel om hulle verdediging te organiseer en besit te behou. Die tuisspan het met hul eie drieë probeer terugveg, maar foute het hulle duur te staan gekom.

‘n Ligpunt vir United was ‘n briljante individuele poging deur die vleuel Liya Ngxika, wat met puik vaart en voetwerk verby sy teenstanders geglip het en onder die pale gaan druk het.

Dit was ‘n naelbytwedstryd teen East Rand United en Heidelberg.
Spanne kompeteer vir die ingooi in ‘n taktiese lynstaan.

Na rustyd het ‘n hernude ERU met intensiteit en karakter teruggeveg. Hul pak het meer beheer begin neem, en die agterlyn het begin vonke spat.

Hulle het drieë opgestapel en die telling stadig nader geskuif, wat vir Heidelberg duidelik onrus begin bring het. Die laaste paar minute was gespanne, met ERU wat op die aanval was en die skare op hulle voete gehad het.

Ten spyte van die opwindende eindstryd en ERU se merkwaardige tweede helfte, het Heidelberg vasgehou aan hul vroeë voorsprong en die wedstryd met drie punte gewen.

East Rand United se kaptein vir die dag, buitesenter Wyclef Vlitoor, het ná die afloop van die wedstryd gesê:
“Dit was ‘n taai wedstryd. Ons het onsself in die voet geskied in die eerste helfte. Ons het baie punte afgestaan. Mens kan nie terugkom nie – dit is moeilik. Ons het net dom foute gemaak en ons moet net volgende week sterker maak.”

Lees Ook: East Rand United te goed vir Sasolburg

Lees Ook: East Rand United loop deur onder vandalisme

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button