Local news

Lu-Anél maak steeds golwe in die musiekbedryf

Hierdie lied, geskryf deur die bekende Suid-Afrikaanse sangeres Cordelia, is ’n passievolle poging om Afrikaanse country-musiek meer sigbaar te maak.

Die talentvolle Lu-Anél van Staden van Impala Park is besig om haar plek in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf vas te trap.

Haar mees onlangse enkelsnit, On My Way, is ‘n treffer en doen besonder goed onder Engelse aanhangers. Dit is juis nie ‘n verrassing nie, aangesien haar stem presies pas by die genre waarin sy haarself tans uitleef.

Verskeie radiostasies het reeds opgemerk dat haar weergawe selfs mooier is as die oorspronklike — aansienlike lof vir ‘n opkomende kunstenaar.

Maar Lu-Anél rus nie op haar louere nie. Haar volgende enkelsnit is reeds in die vooruitsig, en dié keer gee sy haar aanhangers iets besonders: ’n oorspronklike Afrikaanse country-lied.

LEES OOK: Nuwe avonture wink vir Lu-Anél

Hierdie lied, geskryf deur die bekende Suid-Afrikaanse sangeres Cordelia, is ’n passievolle poging om Afrikaanse country-musiek meer sigbaar te maak in die plaaslike musiektoneel.

Die snit beloof om iets vir elke country-liefhebber te wees, of jy nou Afrikaans of Engels verkies. Lu-Anél se kenmerkende stem en emosionele lewering bring lewe aan dié genre op ‘n manier wat vars en eg voel.

Die nuwe enkelsnit is onlangs vrygestel en is, soos haar vorige musiek, beskikbaar op alle digitale platforms.
Lu-Anél van Staden is ‘n naam om dop te hou.

Haar talent, veelsydigheid en passie vir musiek maak haar ’n krag om mee rekening te hou.

LEES OOK: Volkspelers bring vreugde aan seniors met sang en dans

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button