Die leerders se bloed is groen en goud! In die foto is Graad 11-leerling van Hoërskool Dr EG Jansen, Clarice Knoesen, Micaela Janse van Vuuren en Bernice Engelbrecht.
Bokkoors het hoog geloop by Hoërskool Dr EG Jansen toe leerders vandag (12 Augustus) groen en goud aangetrek om hulle ondersteuning te wys aan die Springbokke wat hierdie naweek die All Blacks op Ellispark gaan aanpak.
Om gees op te bou vir die stryd het die skool ook ‘n rugbyraai gehou waar deelnemers die telling raai.
Júanelle van Niekerk, André van Wyk en Kerry-Ann Beetge staan bankvas agter die Bokke.Go Bokke! In die foto is Grade Agt-leerders Anel Cowley, Leanze Jen Napel, Rebecca Mkhwanazi en Jessica Lubbe. Anel en Rebecca ondersteun die All Blacks.In die foto is (agter) Graad 11-leerders Marizaan van der Linde, Nikita Pretorius (Graad 10) en Vinnette Oosthuizen. Voor: Graad 10-leerlinge Tiaan Swanepoel en Marco Rabe.In die foto wys die Graad 11-leerlinge van Hoërskool Dr EG Jansen, Marizaan van der Linde, Jurandre Block en Vinnette Oosthuizen, dat hulle die Bokke ten volle ondersteun.Die leerders se bloed is groen en goud! In die foto is Graad 11-leerling van Hoërskool Dr EG Jansen, Clarice Knoesen, Micaela Janse van Vuuren en Bernice Engelbrecht.