Schools

Jansies samel weer bloed in

Die skool bedank almal wat hulle gehelp het om lewens te red.

Hoërskool Dr EG Jansen het bewys hulle gee om deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) te help om 53 eenhede bloed in te samel tydens hulle bloedskenkdag op 17 Oktober.

Lede van die nasionale bloedbank was vanaf 12:00 met hul beddens, naalde, sap en koekies gereed om skenkers by te staan. Tot so 17:00 is beddens volgesit.

Ronel Steenkamp, projekbestuurder, het die SANBD en almal wat hulle moue opgerol het om bloed te kom skenk bedank.

“Ons is dankbaar vir die ondersteuning, veral omdat bloed op die oomblik skaars is,” het Steenkamp verduidelik.

Trude Gareekoe van die SANBD het haar dank uitgespreek teenoor die skool en almal wat bygedra het tot die sukses van die geleentheid.

Die datum van die skool se volgende bloedskenkdag moet nog bevestig word.

Lees Ook: Laerskool Concordia se bloedskenkprojek kort ondersteuning

Lees Ook: EG Jansen soek weer jou bloed

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button