Schools

Oosies skitter tydens nasionale skryfkompetisie

Die skool is trots op die leerders en onderwysers se prestasies.

Oor die afgelope paar maande is daar geswoeg en gesweet met pen en papier soos leerders gewoeker het met hulle jaarlikse inskrywings vir Beeld se nasionale kreatiewe skryfkompetisie.

Slegs 15 leerders uit die skool kon ingeskryf word, volgens baie streng kriteria.

Na ’n lang gewag het die uitslae uiteindelik Oosie-land bereik. Hoërskool Oosterlig se leerders het ses plekke op die nasionale top 40 en land algeheel in die 10de plek nasionaal gekry.

Tien van die 15 deelnemers word as top leerders nasionaal aangewys met uitslae wat val in die 80-94% kerf. Verder beklee die ander vyf ook nasionale plekke onder die top skole ranglys.

Die kersie op die koek is dat twee van Oosterlig se Afrikaans huistaal onderwysers, Chantel van Niekerk en Elzaan van Zyl, die top onderwyser toekennings ontvang het.

Lees Ook: O, die Baanbreker Voortekkers het ‘n perd, ‘n blink stokperd

Lees Ook: Baanbreker Voortrekkers geniet jaarlikse kerkdiens

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button