Schools

Skrywer en Boston terrier bring leesavonture na Laerskool Concordia

Die leerders het dit veral geniet om die Boston terrier, Riley, te ontmoet.

Laerskool Concordia het onlangs ’n spesiale gas verwelkom toe die bekende skrywer en regsgeleerde Felicia Snyman deelgeneem het aan die viering van Nasionale Geletterdheidsmaand (National Literacy Month), wat in September plaasvind.

Die leerders was opgewonde om met Felicia te gesels oor haar boeke, veral haar geliefde kinderboekreeks Die ware avonture van Adelie en Riley – ’n reeks geïnspireer deur haar dogter en haar troue Boston terrier.

Snyman het die jonger leerders betower deur die avonture van Adelie en Riley, terwyl die ouer leerders ook die geleentheid gehad het om na Snyman se ander werk, Benru se Boomskok, te luister.

Felicia
In hierdie foto is leerders van Laerskool Concordia saam met Felicia Snyman.

Die groot verrassingshoogtepunt van die dag was toe Snyman Riley, die Boston terrier, saamgebring het.“Die kinders het dit baie geniet. Hulle was soet, oulik en betrokke. Dit is waaroor dit vir my gaan. Ek wil hê kinders moet lief raak vir lees en saam met my op die avonture gaan. Riley het selfs op my skoot gesit toe ek uit die boeke gelees het.”

Vir Snyman gaan lees oor meer as net die woorde op die bladsy; dit is ’n poort na verbeelding en taalontwikkeling. Sy wil jongmense inspireer om van jongs af te begin lees.

“Lees is baie belangrik. Dit help kinders om hulle eie stories te skep en uit te leef. Ek het al gehoor dat kinders ná die lees van my boeke ’n wêreld van verbeelding ontdek en begin speel het. Dit gaan vir my dus oor meer as net lees – dit ontwikkel jou taalvermoë en kreatiwiteit,” het sy beklemtoon.

Lees Ook: Laerskool Concordia se atlete wys hul staal by interlaer

Lees Ook: Laerskool Concordia se bloedskenkprojek kort ondersteuning

  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button