Opinion

Brief: Bedelgedrag op Noordrandweg ‘n gevaar

Stuur jou brief aan die redakteur na boksburgadvertiser@caxton.co.za

Lettie du Plooy, van Boksburg, skryf:

Dis al ‘n geruime tyd wat hierdie ou vrou in Noordrandweg met ‘n blikbekertjie staan en bedel. Sy staan by ‘n besige verkeerslig in die middel van die pad.

Sy is baie swak en leun op ‘n kierie. Hoe kan enige kind dit toelaat? Ek het al ‘n gesien hoe ‘n manspersoon haar daar aflaai.

As sy omgestamp word, gaan dit nie ‘n motoris se skuld wees nie. Wat sy doen is baie gevaarlik. Noordrandweg is die bedelaars se paradys.

By sommige kruisings staan vier mense. Oor naweke is die kinders by om te staan en waai.

Mens voel skuldig om verby hulle te ry, maar genoeg is genoeg.

Ons kan nie almal help nie. Waar gaan dit eindig?

Lees Ook: Letter to the Editor: Typical of the metro to want to cross that bridge when they get to it

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button