Sport

ERU vier oorwinning teen Heidelberg

Spelers van United wat uitgestaan het sluit in Anele Magubane en Don Mosoma.

East Rand United (ERU) het die Presidentsliga op ‘n goeie noot afgeskop met ‘n 20-15 oorwinning oor Heidelberg in Reiger Park op 6 April.

United het 15-5 voorgeloop toe die fluitjie vir halftyd geblaas het.

Spelers van United wat uitgestaan het sluit in Anele Magubane en Don Mosoma.

Ten spyte van die wen is ERU se voorsitter, Marius de Vos, steeds bekommerd oor die gehalte van die klub se spelers.

East Rand United en Heildelberg maak gereed om te skrum.

“Die kompetisie is straf. Ons het ‘n gedugte voorry en reserwes nodig om teen Vereeniging, Brakpan en Springs te kompeteer.”

Volgens de Vos is die klub besig om ‘n verandering in die afrigtingspan te bring.

“Ons finansies laat ons steeds nie toe om kern spelers te trek nie, maar met die veranderinge in die afrigtingspan sal ons baie van ons vorige spelers terug lok.

“Verder werk ons hard daaraan om beligting by ons tuisveld uit te sorteer sodat ons weer daar kan oefen.”

East Rand United en Heidelberg in aksie.

De Vos het voorheen verduidelik dat die klub sonder krag sit weens inwoners van die nabye informele nedersettings wat onwettig krag aanlê.
“Die klub het al alles probeer. Van die gebruik van motor ligte tot ‘n kragopwekker, maar sonder sukses.”

Nou oefen die span by PG Park, Boksburg Rugbyklub se tuisveld.

Puntemakers: Anele Magubane (drie, doelskop, strafskop), Jaden Speelman (drie) en Noah Tamsy (drie).

Lees Ook: Springs trap oor ERU

Lees Ook: ERU benodig steeds finansiële bystand

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button