Sport

‘9mm’ verskuif fokus na ‘bare-knuckle’

'9mm' droom daarvan om die weltergewig titel huis toe te bring.

Die ‘bare-knuckle’ geveg gogga het Van Dyk Park se EFC-vegter Robert ‘9mm’ Swanepoel behoorlik gebyt, en dit is nou waarop hy wil fokus.

Swanepoel het onlangs sy eerste ‘bare-knuckle’ geveg agter die blad, waar hy teen Stefan ‘The Beseeker’ Diedericks verloor het in ‘n Wild-West Titan Bare Knuckle weltergewig geveg by die Italian Club in Bedfordview.

Diedericks het in die tweede ronde met ‘n tegniese uitklophou gewen.

Na afloop van die geveg het Swanepoel gesê hy was steeds gelukkig met sy prestasie.

“Die ou het ‘n gelukkige hou geland terwyl ek besig was om hom pakslae te gee. Ek weet nou hoe dit voel om ‘bare-knuckle’ te baklei, en het baie geleer,” het ‘9mm’ bygevoeg.

Vir Swanepoel was dit ‘fighting in its purest form’ en ‘n wonderlike ervaring.

“Dit is heeltemal anders as enige vorm van geveg waar jy handskoene dra. ‘n Mens kan nie regtig fisies voorberei nie, so jy vat maar die houe met jou hart,” het hy bygevoeg.

Swanepoel het voorheen verduidelik hy wou betrokke raak by ‘bare-knuckle’ geveg toe dit Suid-Afrika toe gekom het.

‘9mm’ het bygevoeg hy beplan om in Julie in die EFC te baklei, maar nou wil hy al sy aandag aan ‘bare-knuckle’ gee.

As hy sy volgende geveg wen, wil hy vir die weltergewig-titel baklei.

Swanepoel se volgende ‘bare-knuckle’ geveg behoort in Julie plaas te vind. Meer inligting oor die geveg is nog nie beskikbaar nie.

Lees Ook: 

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button