Boksburg wil weer sy plek van trots in Oos-Rand rugby inneem
“Ons wil die Merlin-liga wen,” is daar reguit gesê.
Boksburg Rugbyklub wil weer sy plek as ’n trotse krag in Oos-Rand-rugby inneem – en die manne wat nou die stuurwiel vashou, sê dit gaan nie sonder die gemeenskap se ondersteuning gebeur nie.
Volgens die klub se afrigters en bestuur is daar reeds ’n merkbare oplewing by die klub, maar die doel is groter: om tradisie terug te bring, die fasiliteite reg te maak en weer ’n span te bou wat in die Peregrine-liga kan meeding, terwyl die uiteindelike doel is om die Merlin-liga te wen.
Danie ‘Spider’ Shultz, wat vir sowat 20 jaar by die klub betrokke was, sê hy en ander oudspelers is terug om te help bou aan die klub se toekoms.
“Van ons spelers gebloei en sweet hier – en nou gee ons terug. Ons kan nie toelaat dat die klub ondergaan. Hierdie klub is die tweede oudste klub in die Oos-Rand en ons wil graag die Uile se tradisie lewendig hou,” het Willie Meyer, agterlynafrigter vertel.
Die klub beplan ook om meer sigbaar te wees sodat inwoners kan sien wie en wat Boksburg Rugbyklub is. Die hoop is dat dit nie net spelers sal lok nie, maar ook finansiële ondersteuning.
“Ons soek die spelers en ons soek besighede om in te koop in Boksburg,” is die boodskap.
ALSO READ: CBC celebrates a season of grit and glory at rugby dinner and prize-giving
Die klub meen ander dorpe het sterker borgskapnetwerke. Die klub wil hê plaaslike ondernemings moet ook weer by Boksburg betrokke raak, hetsy met finansiële bydraes, toerusting of praktiese hulp.
Travis Howell, direkteur van rugby, en die afrigtingspan is glo besig om die klub se fondamente te versterk.
Die manne werk ook hard agter die skerms: daar word geverf, toerusting word opgeknap en herstelwerk word gedoen, hoeveel die ligte steeds ’n uitdaging is. Volgens die klub het swak beligting ’n direkte impak op aand-oefeninge, veral vir junior spanne.
Die groot droom bly egter op die veld: “Ons wil die Merlin-liga wen,” is daar reguit gesê. Die klub wil minstens weer in die Peregrine-liga meeding en uiteindelik terugbeweeg na die liga waar hulle glo hulle hoort.
“Ons is hier. Ons is terug. Gee ons ’n geleentheid,” is die oproep aan Boksburg.
Enigiemand wat betrokke wil raak as speler, ondersteuner of borg kan die klub by 079 838 1723 of 082 945 8409 kontak.
ALSO READ: Goudrand star players selected for Valke rugby team



