EntertainmentLifestyle

Komiese ontspanning vir die ouer garde

Wanneer jy vir Tobie Cronjé, Liz Meiring, Karen Wessels, Hannes Brummer en Melt Sieberhagen saam op ‘n verhoog sit, weet jy dat jy ‘n resep vir skaterlag het.

En hulle stel nie teleur nie!

In hul nuwe opvoering, Verskrikkelik Snaaks, wat tans word by die Theatre of Marcellus, Emperors Palace, opgevoer word, is Brummer en Sieberhagen die sterre wat tussen die ingelyfde Cronjé en Meiring skitter.

Hul humor, wel kru op tye, is skerp en laat jou in jou stoel rol soos jy saam met die grapjasse hul grappies geniet.

Tobie Cronje as 'n ou vrou in Verskrikkelik Snaaks.
Tobie Cronje as ‘n ou vrou in Verskrikkelik Snaaks.

Hulle was blitsvinnig met hul terugvoering wanneer hulle die gehoor die kans gegee het om vir hulle te vra om ‘n grap of ‘n liedjie uit te dink.

Meiring, alhoewel ‘n meester in ‘n klas van haar eie, se dramatiese komedie en karakters was indrukwekkend, maar het nie veel bygedra aan die opvoering nie. Dieselfde kan gesê word van Cronjé, wat eintlik net ‘n trekpleister vir die gehoor was.

Nietemin, sal Karen Wessels se karakters nie vergeet word nie, aangesien sy definitief ‘n bol vol energie is.

Hierdie komediese opvoering is een om nie te mis nie, maar onthou, los maar die kinders by die huis – dis ‘n aand vir ma en pa om alleen uit te gaan en gerus ontspan terwyl hulle lekker saam lag.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button