Afrikaanse musiek tref weer die regte noot met Alba Vorster, ook bekend as Alba V, van Parkrand se jongste vrystelling, Omgekeer.
Die lied,’n Afrikaanse pop meesterstuk, kom uit Alba se pen.
Met haar unieke vertolking en diepgaande lirieke is Alba vinnig besig om haar plek as een van Suid-Afrika se voorste opkomende kunstenaars in te neem.
Omgekeer is nie net ’n enkelsnit nie, dit is ’n verhaal van liefde, kultuur, en Afrikanerskap.
Met opwindende sokkie ritmes, weerspieël die enkelsnit die samesyn en vreugde van Afrikaner tradisies. Tydens haar onlangse Trots Afrikaan vertoning in Nederland, het Alba die inspirasie vir hierdie enkelsnit gekry, toe sy die groot liefde vir sokkie onder Afrikaners opgemerk het.
Dit het haar aangemoedig om ’n sokkie lied met haar eie spesiale styl te skryf.
Volgens Alba weerspieël Omgekeer iets wat elke Afrikaner sal verstaan en waardeer, dat sokkie ’n groot deel van hul identiteit is.
“Dit is nie net ’n lied nie; dit is ’n viering van wie ons is, maak nie saak waar ons in die wêreld is nie,” sê Alba.
Haar hoop is dat hierdie lied as ’n lewensmaat sal dien, een wat luisteraars uitnooi na die dansvloer. Alba is vol vertroue dat Omgekeer die potensiaal het om Suid-Afrikaners se harte te wen, of hulle nou in die land of oorsee woon.
“Ek hoop hulle sal daarvan hou en met my volgende vertoning saam sal sokkie,” het sy bygevoeg.
Afrikaners, met hul liefde vir sokkie en tradisies, sal vind dat Omgekeer ’n ervaring is. Dit is ’n liefdeslied wat hoop bring en die emosies van vreugde en verlange.
Elke luisteraar wat tyd maak om na Alba se musiek te luister, gee haar die grootste geskenk, en sy hoop hierdie enkelsnit is ’n bewys van haar opregte dankbaarheid.
Omgekeer is nou beskikbaar op alle digitale platforms.
Meer oor Alba
Alba het reeds vier jaar se professionele ervaring in die musiekbedryf en haar pad is een van passie en toewyding.
Haar liefde vir musiek het op ’n jong ouderdom ontstaan, aangesien sy grootgeword het in ’n familie waar musiek altyd deel van die huis se atmosfeer was.
Inspirasie vir Alba se musiek kom uit ’n wye verskeidenheid bronne, insluitend haar persoonlike ervarings, rolprente, en selfs ander musiek.
Haar kreatiwiteit strek verder as net musiek. Sy is ook passievol oor drama en kuns.
’n Groot internasionale invloed op Alba se musiek, is die Amerikaanse kunstenaar Tate McRae, wie se styl en kreatiwiteit haar eie werk rig en inspireer.
Sy fokus tans daarop om haar klavier- en kitaarvaardighede verder te ontwikkel, wat haar optredes soveel meer indrukwekkend sal maak.
Haar harde werk en talent is al beloon met groot erkenning. Sy het ’n internasionale platekontrak met Upscale Records bekom nadat haar talent raakgesien is deur Manny by die Wêreld Kampioenskappe vir die Uitvoerende Kunste in Los Angeles. Hierdie deurbraak het haar loopbaan op die internasionale verhoog geplaas.
Lees Ook: Alba vind liefde onder die Straatlig



