CrimeNews

Berede-eenheid behaal sukses

Die bederede-eenheid van die Ekurhuleni Metro Polisie Departement (EMPD) het verlede week die strate van die dorp gepatroleer en verskeie arrestasies gemaak.

Tien lede en ses perde van die eenheid was vanaf Maandag tot Donderdag op hul pos om oortreders van die wet vas te vat.

Altesaam 26 onwettige immigrante is aangekeer, terwyl twee arrestasies uitgevoer is vir die besit van en handeldryf met dagga. Een arrestasie vir diefstal en besit van gesteelde goedere, asook die besit van gevaarlike wapens, is ook uitgevoer.

Die lede het Woensdag ‘n man in sy laat 30s in die omgewing van Checkers opgemerk. Die man het n vermoedelik gesteelde winkeltrollie ter waarde van sowat R2 000 in sy besit gehad. Daar is ook verskeie huisbraakimplimente, n byl en n mes in die man se besit gevind.
Op dieselfde dag is nog ‘n man, in sy laat 40s gearresteer, toe ongeveer 50 vuurhoutjieboksies, gevul met dagga, in sy besit gevind is.

Donderdag het n 26-jarige man sy rieme styfgeloop toe hy in Highstraat met 23 vuurhoutjieboksies vol dagga in sy besit betrap is.
Die verdagte het blykbaar erken dat hy die dagga vir R5 n boksie verkoop en dat hy die voorraad by n hostel in Kwa-Thema kry.

Die gearresteerde persone het reeds in die landdroshof verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button