Local newsNews

Ontbloter laat vroue skrik

‘n Man wat homself aan jong vroue ontbloot is die afgelope tyd bedrywig in Bakpan-sentraal.

Die Herald het die afgelope twee weke twee klagtes ontvang van jong vroue wat deur die man genader is.

In beide die gevalle was die persoon se modus operandi presies dieselfde.

‘n 21-jarige vrou van Queenlaan het Donderdagoggend na haar ouma se huis in Stoffberglaan gestap, toe sy deur die man genader is.

“Hy het langs my stilgehou en gevra of ek weet wat die naam van die straat, waarin ek geloop het, was,” het sy vertel.

“Ek het nee gesê, en toe het hy my gevra of ek aan hom kan veruidelik hoe hy Springs toe kon ry,” het die vrou gesê.

“Ek het vir hom aanwysings gegee en verder geloop, maar, soos ek gestap het, het ek sy groot wit bakkie ten minste twee keer gewaar en, toe ek naby my ouma se huis was, het hy weer langs my stilgehou.

“Hy het gevra of hy links of regs moes draai om in Voortrekkerweg te kom.

“Ek was nog besig om te verduidelik toe hy sy geslagsdeel ontbloot en vir my vra of ek al ooit so iets gesien het.”

“Ek was absoluut verbaas en geskok en het onmiddellik begin wegloop.

Ek het nie weer omgekyk nie en ek neem aan dat die man weggery het. Ek kon daarom ook nie die registrasienommer van sy relatiewe nuwe bakkie kry nie.”

‘n Jong vrou, wat nie haar naam verstrek nie, het die Herald sowat ‘n week gelede geskakel en basies dieselfde storie te vertelle gehad.

Die man is skraal gebou en in sy laat 20’s. Sy kop is kaal geskeer en hy het Engels gepraat.

Kapt Joep Joubert, woordvoerder van die Brakpan SAPD, het gesê dat vroue sulke voorvalle kan aanmeld.

“Dit sal ook help as ons ‘n registrasienommer van die voertuig kan kry,” het Joubert gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button