Valke glorie vir Stoffberg
Die Hoërskool Stoffberg se o-16 rugbyspan is Saterdag as Valke kampioene gekroon, nadat hulle ‘n klipharde wedstryd teen die Hoërskool Delmas met 10-8 gewen het.

Dis die tweede keer dat Stoffberg hierdie trofee die afgelope drie jaar wen.
Stoffies se eerste rugbyspan het in die finaal vasgeval, maar dit is ook die vyfde agtereenvolgende jaar dat die skool se eerstespan in die Valke finaal speel; waarvan hulle twee keer die wenners was.
“Ons senior rugbyspanne vaar altyd goed, wat ‘n bewys is van goeie afrigting by die skool,” het ‘n woordvoerder van die skool gesê.
“Ons kry nie altyd noodwendig die sterre van die laerskole af nie, en ander skole maak dit ook moeilik deur, onder andere, gratis kampe aan te bied vir graad sewe leerders wat goed vaar in die laerskool en hulle daar te werf, maar ons maak sterre van die leerlinge wat Stoffberg as skool kies,” het ‘n woordvoerder van die skool gesê.
“Stoffberg se rugbyspelers maak gewoonlik naam na skool, aangesien ‘n goeie basis vir hulle gelê word.
“Met die Community Shield en Varsity Cup wat groot nuus begin word, word baie spelers deesdae na skool raakgesien indien hulle goeie rugby speel.”