Local newsNews
Skenk ‘n Bybel
‘n Inwoner van die dorp het onlangs ‘n projek begin om Bybels bymekaar te maak.
“Bibles 4 Jesus” is ‘n projek wat deur Lourens Koekemoer op die been gebring is en hy wil graag soveel Bybels moontlik insamel.
“Ons gaan hierdie Bybels weer versprei onder mense wat nie Bybels het of dit nie kan bekostig nie, asook aan organisasies wat evangelisasie doen,” het Lourens verduidelik.
“Ek weet daar is in baie huishoudings ‘n Bybel wat net rondlê en nie gebruik word nie; ons kan dit ten goede aanwend.
“Ek wil mense ook weereens bewus maak van die Bybel en watter kragtige boek dit is.”
Lourens het ‘n houer by sy woning te Buxtonlaan 26, Dalview, aangebring, waarin die publiek Bybels kan gaan plaas.
Persone wat met Lourens inverbinding wil tree, kan hom per e-pos kontak by lourensk52@gmail.com.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.