School sportSport

Stoffberg in kwartfinaal van Beeldtrofee

Die Hoërskool Stoffberg se eerste rugbyspan het die afgelope naweek deurgedring na die Beeld kwartfinaal.

Na die teleurstelling van verlede week se verloor in die Valke finaal, het Stoffies se eerstespan kop opgetel en vir die kwartfinale van die Beeldtrofee

gekwalifiseer, deur die Hoërskool Bekker Saterdag met 25-19 te klop.

“Soos verwag kon word op hierdie vlak van kompetisie, is geen duit gegee of gevra deur een van die spanne nie,” het ‘n woordvoerder van die skool gesê.

Na die eerste 25 minute was die telling steeds 0 elk.

Die wedstryd het skielik vlamgevat na ‘n skitterdrie deur Juandré Bester (Vrystaat), onder die pale.

Stoffberg se agsteman, D J Koekemoer, en slot, Alex Coetzee, het beide eers stormlopies gehad en na goeie hantering het die stut sy eerste drie in ‘n Stoffberg trui gaan druk.

Staatmaker Tiaan Vorster het kort daarna ook onder die pale gaan kuier, na ‘n omkeerbesit, om dit 14-0 vir Stoffberg te maak.

Bekker het kort voor rustyd ‘n drie gedruk om die rustydtelling 14-7 te maak.

Die tweede helfte het goed afgeskop vir Stoffberg en ‘n strafskop deur Jean-Paul Bahlmann het dit 17-7 gemaak.

Met 20 minute oor het Juan Schoeman ook ‘n drie gaan druk.

Nog ‘n strafskop vir Stoffberg het dit 25-7 gemaak.

Bekker het skielik na ‘n ander rat oorgeskakel en twee vinnige drieë aan die einde gaan druk, om die telling 25-19 te maak.

Stoffberg moes hul keer ken vir die laaste paar minute, maar het karakter tot die einde getoon om die wen te beklink.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button