Local newsNews

Winterprojek nou afgesluit

Die Herald se jaarlikse winterprojek was hierdie jaar weereens ‘n sukses, danksy die goedhartigheid van die publiek en besighede.

Daar word elke winter gepoog om komberse, sokkies, serpe en mussies bymekaar te maak, om onder organisasies van die dorp te versprei.

VC Supermark het gesorg vir ‘n laaste hupstoot toe die winkel ‘n groot hoeveelheid wol aangeskaf het en van hul kliente ingespan het om serpe, truie, mussies en handskoene te brei.

“Dit was weereens vir ons ‘n groot voorreg om te kon help. Ons se ook dankie aan ons flukse klante wat ingespring en gebrei het vir ‘n vale,” het Heindrich Buitendag, winkelbesuurder gesê.

Dié items is Maandag aan die Eventide Tehuis oorhandig, waar die bestuur dit onder die inwoners sal verdeel.

Die Ondersteuningsraad van Brakpan en die Loved Ones of God het ook skenkings ontvang.

Die Herald bedank ook almal wat hierdie winter ‘n bydrae, hoe gering ookal, gemaak het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button