Sien vriende weer na 50 jaar
Daar word ‘n reünie beplan vir die 1964-matrieks van die detydse Stoffberg Seunskool.

“Vanjaar is die laaste geleentheid om ‘n 50-jarige reünie te hou en ons wil graag soveel moontlik 1964-Stoffies betrek,” het Louw Pretorius gesê.
“Ons generasie is nie eintlik `Facebook/Twitter-mense’ nie, en ek vra dus enigiemand, wat inligting van ‘n 1964-Stoffberger het (al is die persoon oorlede), om kontak te maak.”
Stuur ‘n e-pos aan stoffbergseunskool.1964@gmail.com, stuur ‘n faks na 086 689 6022, of skakel vir Pretorius by 083 625 6894.
“Soos ons Stoffies opspoor kan ons geleenthede maak om op provinsiale vlak bymekaar te kom en sodoende ‘n kommitee te kies wat die 50-jarige reünie kan reël,” het Pretorius gesê.
Die plan is voorlopig om op 14 November ‘n vertoning met André Swiegers (ook ‘n oud-Stoffberger) by Carnival City te hou, waarheen alle oud- en huidige Stoffbergers genooi sal word.
Die 50-jarige reünie en dinee sal voorlopig op 15 November, in die lapa van die Hoërkool Stoffberg, gehou word.



