Editor's choiceLocal newsNews

Dwaal koeël laat inwoners kop krap

‘n Egpaar van Brenthurst het verlede Sondagoggend gewip soos hulle skrik, toe ‘n koeël deur die dak van hul slaapkamer bars.

Dit was sowat 2m van die bed waarop Fritz en Estelle van Niekerk rustig gelê en slaap het.

Die egpaar het ook nie dadelik besef dat dit ‘n koeël was nie, en het eers die volgende oggend die gaatjie in die plafon raakgesien. Daar bestaan byna geen twyfel dat die gaatjie deur ‘n geweerskoot veroorsaak is nie.

“Dit is baie kommerwekkend. As daardie koeël een van ons getref het sou die saak dalk heeltemal anders gewees het,” het Fritz aan die Herald gesê.

Hy vertel dat hy en Estelle Sondagoggend net na middernag wakker geskrik het, van ‘n baie harde geluid.

“Ek het dadelik opgestaan en oral in die huis rondgekyk maar ek kon niks sien nie,” het hy gesê.

Estelle het die volgende oggend stowwerigheid op die vloer, bokant die plek waar die koeël deurgebars het, opgemerk, maar ook nie veel ag daarop geslaan nie.

“Estelle het die gaatjie eers later raakgesien en vir my gevra of ek dalk ‘n gat in die plafon geboor het,” het Fritz vertel.

“Ons het toe twee en twee bymekaar gesit en besef dat die enigste verklaring is dat iemand deur ons huis se dak geskiet het.

”Ons kon egter tot dusver nie die doppie opspoor nie.

“Ek het verneem dat daar het blykbaar vroeër die aand ‘n helikopter in die omgewing gesirkel het, en ‘n mens kan maar net wonder of ‘n skoot uit die helikopter gevuur is en of iemand op die grond ‘n skoot in die lug geskiet het.”

Fritz het die voorval onder die aandag van die Brakpan SAPD gebring.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button