LettersOpinion

Vrou se hulp word waardeer

"Bejaarde inwoner", Brakpan, skryf:

Ek het Sondagoggend (15 Februarie) geld by ‘n OTM van ‘n bank in Voorttrekkerweg gaan onttrek.

Daar was geen sekuriteitswag in sig nie en ‘n verdagte persoon het my dadelik genader en my aandag totaal afgetrek van wat ek veronderstel was om te doen.

Die man het, sonder my medewete, daarin geslaag om my kaart in die hande te kry, asook my pinnommer.

Onnodig om te se was ek paniekerig en het ek nie geweet wat om te doen nie. ‘n Baie behulpame vrou wat daar aangekom het, het my te hulp gesnel en dadelik vir my gesê wat om te doen.

Ek is ook na die polisiestasie om die voorval aan te meld.

Daar is ongelukkig geld uit my rekening onttrek, maar danksy die vrou se hulp kon ek die dief stuit om meer te trek.

Ek wil net baie dankie aan haar sê, en ek wil ander inwoners van die dorp maan om baie versigtig te wees wanneer hulle geld trek.

Dinge kan baie vinnig skeefloop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button