Local newsNews

Oudisies vir kinderkoor

Kinders tussen die ouderdom van ses en 16 jaar kan nou oudisies vir die Ekurhuleni Kinderkoor aflê.

Die koor is in Februarie 2005 deur Christine en Neels Dercksen op die been gebring en bestaan huidiglik uit 35 koorlede, wat uit skole van reg oor Ekurhuleni afkomsig is.

Kinders van enige etniese, sosiale, ekonomiese en kulturele agtergrond word gewerf vir die koor, wat deur die jare groot sukses, plaaslik en oorsee, behaal het.

“Die Ekurhuleni Kinderkoor se missie is om kinders met verskillende leefstyle en kulturele agtergronde die geleentheid te gun om basiese lewensgvaadighede deur die medium van musiek te bekom,” het Neels gesê.

Kinders word nie net die geleentheid gebied om deel van ‘n uitmuntende koor te wees nie, maar kry ook die geleentheid om te reis en in verskillende plekke in die land en oorsee op te tree.

Die koor spog met ‘n hele rits plaaslike en internasionale toekennings.

Kinders wat belangstel om oudisies af te lê kan vir Neels by 011 363 3026 of 082 717 8341 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button