Span bak 1500 pannekoeke
Voorbereiding en beplanning vir die NG Kerk, Brakpan-Wes se "Warm Winter Wes Kermis", wat op 31 Mei plaasvind, verloop vlot.
Die Warm Winter Wes pannekoekspan het Vrydag solank ‘n bietjie geoefen en was verantwoordelik vir die bak van ‘n allemintige 1 500 panekoeke.
Dié pannekoeke is verkoop aan die toeskouers en spanlede van die Valkiesrugby, wat Vrydag op die sportveld van Laerskool Die Arend plaasgevind het.
Hierdie einste span is ook gereed om besoekers aan die “Warm Winter Wes Kermis”, wat op dieselfde terrein aangebied word, te laat smul aan die heerlike pannekoeke wat hulle bak.
Ander aktiwiteite en vermaak word ook vir die dag beplan.
Persone wat gratis stalleltjies (kos uitgesluit) wil bespreek kan vir Brahm Marais by 082 571 5771, of die kerkkantoor by 011 744 3879, kontak.



