Besigtig honderde voertuie by die skou
Die Just Wheels Motorskou, wat sedert 2011 by die Muriel Brand Skool gehou word, vind weer volgende Saterdag (24 Mei) op die skoolgronde plaas.

Die skou het sedert sy ontstaan hewig gegroei en verlede jaar was honderde motors te sien.
Skougangers sal vanjaar weer ‘n groot verskeidenheid klassieke-, veteraan-, asook nuwe voertuie kan besigtig. Daar sal ook bakkies, motorfietese, trekkers en sportmotors te sien wees.
‘n Hoogtepunt, elke jaar, is die ossewa, waarop die publiek kan ry.
Die organiseerders het die versekering gegee dat diƩ indrukwekkende span osse en wa weer vanjaar deel van die skou sal wees.
Persone wat nie aan die klub behoort nie, maar ‘n besondere voertuig het, is welkom om dit te gaan uitstal.
‘n Toegangsfooi sal gehef word en persone wat meer inligting verlang kan vir Bart Zaayman by 082 263 7567 kontak, of ‘n e-pos na justwheels@webmail.co.za stuur.
Die organiseerders het die versekering gegee dat daar, soos in die verlede, meer as genoeg eet- en drinkgoed sal wees. Vermaak en kompetisies sal ook deur die loop van die dag aangebied word.
Alle fondse wat ingesamel word sal aan Oos Rand Stereo se Wees ‘n Engel projek, asook aan die Muriel Brand Skool, geskenk word.



