Editor's choiceNewsSchools

Nuwe hoof vir Die Arend

Laerskool Die Arend het ‘n nuwe skoolhoof, nadat die vorige hoof, Johann Vosloo, aan die einde van 2013, na 15 jaar as hoof van dié skool, die tuig neergelê het.

Gideon Lange (35) is die afgelope twee jaar ‘n inwoner van Dalpark, en is getroud met Carin. Hulle het twee seuns, Deon (5) en Riaan (2).

Die Herald het ‘n paar vrae aan die nuweling, gestel.

* Wanneer het jou aanstelling in werking getree?

My aanstellingsdatum was op 1 Mei vanjaar. Dit was so bietjie later as verwag, maar ek is dankbaar dat dit wel gebeur het.

* Gee ‘n kort beskrywing van jou loopbaan in die onderwys voordat jy die hoof van Laerskool Die Arend geword het.

My loopbaan het in 2001 by die Laerskool Delville, in Germiston, begin. Ek was vir ses jaar ‘n posvlak een onderwyser by dié skool. Ek het op verskeie besture gedien en ook provinsiaal rugby afgerig. Ek was ‘n A-paneel rugbyskeidsregter en het op laerskole-vlak verskeie provinsiale wedstryde hanteer. In 2007 het ek die adjunkhoofpos by die Afrikaanse Hoërskool Germiston beklee. Ek was egter net een jaar by die skool.

Aan die einde van 2007 is ek genader deur ‘n maatskappy wat bekostigbare behuisingsprojekte doen en ek was daar werksaam tot einde 2009. In 2010 was ek baie gelukkig om weer te kon terugkeer na die onderwys op dieselfde posvlak, en was ek van 2010 tot 2014 adjunkhoof by die Laerskool Delville.

* Watter uitdagings staar jou in die gesig, of watter opwindende planne het jy vir jou nuwe skool?

Ek het van die eerste dag by Laerskool Die Arend baie tuis gevoel. Daar heers ‘n baie warm en ontvanklike atmosfeer by die skool. Die personeel is baie vriendelik en hulle laat mens baie vinnig op jou gemak voel. Dit is ook ‘n gevestigde personeel en daar is werklik baie ervare mense by die skool.

Dit is vir my ‘n voorreg om deel te wees van Laerskool Die Arend. Ek is baie opgewonde oor die tyd wat vir my by die skool voorlê. Ek verkeer onder geen illusie dat dit altyd maklik gaan wees nie, maar ek glo dat as mens as ‘n span kan saamwerk, het die personeel die vermoë om selfs minder aangename situasies in ‘n plesier te omskep. Ek sal graag wil hê dat Laerskool Die Arend bekend moet staan vir die Christelike normes en waardes waarvolgens ons handel en dat ons die kinders in liefde onderrig en dissiplineer.

Kwaliteit onderrig is nie vir my onderhandelbaar nie. Alhoewel ek baie lief is vir sport en kultuur, en ek baie kompeterend is, bly onderrig die nommer een prioriteit. Om gelukkige, gebalanseerde kinders te lewer, wat hulle volwaardige plek in die

samelewing kan inneem as gebalanseerde volwassenes, is ons einddoel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button