
Ek wil graag die persoon wat my op Vrydag (30 Mei) te hulp gesnel het, bedank.
Ek was om ongeveer 2nm by die VC Spar, in Dalview, toe ek my sleutel in my voertuig toegesluit het.
Ek het nie geweet watter kant toe nie en ‘n mans persoon het gevra of hy van hulp kan wees.
Ek het my situasie verduidelik en hy het nie geskroom om my na my huis in die Allen Woodrow Aftree-oord te neem, om my spaarsleutels te kry nie.
Daarna het hy my weer teruggeneem na my voertuig.
Die man se naam is Johan. Ek kan ongelukkig nie sy van onthou nie.
Daar is nie meer baie mense in ons samelewing wat bereid is om te help nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



