Editor's noteNewsSchools

Stoffberg se revue sanggroep maak geskiedenis

Die Hoërskool Stoffberg se revue sanggroep het gedurende die pas afgelope Julie-vakansie na Nelspruit gereis om ‘n musiek DVD te maak.

Die temaliedjie, “As jy sing”, is gebruik om hierdie geskiedkundige oomblik vas te vang.

Leerders het eerstehandse kennis opgedoen van hoe daar te werk gegaan word om so ‘n DVD saam te stel vir uitsending op televisie, en baie goeie ervaring opgedoen in die proses.

Die DVD is by Kaapsche Hoop, asook by die Sudwala grotte, gemaak.

“Besoekers aan die grotte het hul vergaap aan die groep se doen en late en hulle is spontaan toegejuig tydens die maak van die DVD,” het Pieter de Bruin, wat aan die stuur van die projek staan, gesê.

“Almal was dit eens dat dit voorwaar ‘n groot sukses was.

“Ons het reeds begin beplan om in 2015 nog so ‘n musiek DVD te gaan maak, in Uvongo.”

Hierdie DVD sal dan drie liedjies bevat. Stoffberg het ook met die hulp van Dolf Brits uitsaairegte bekom vir die uitsaai van hierdie geskiedkundige opname op Kyknet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button