Editor's noteNewsSchool sportSchoolsSport

Stoffberg het weer ‘n Valke kampioen

Na ‘n baie lang seisoen en sewe onoorwonne wedstryde het die Hoërskool Stoffberg se o-14 rugbyspan verlede Saterdag vir Brandwag aangevat in die Valkefinaal, te die Izak Steyl stadion, in Vanderbijlpark.

Stoffberg het Brandwag reeds vroeër die jaar met 12-7 in die liga geklop en, nadat beide skole hul teenstanders in die kwartfinale en halffinale uitgestof het, het hul paaie weer eens gekruis.

Brandwag het met ‘n verwoede aanslag begin en sommer gou voorgeloop, terwyl Stoffberg geduldig hul kanse benut het en gesorg het vir ‘n rustydtelling van 10 elk.

Met mooi samespel het Stoffberg se seuns die wendrie gedruk en met 15-10 gewen, om as 2014 se o-14 Valke kampioene gekroon te word.

Die span het daarmee gekwalifiseer om aan die Beeldtrofee reeks deel te neem en het Saterdag (2 Augustus) in hul eerste Beeldtrofee wedstryd teen Hoërskool Ben Viljoen van Groblersdal te staan gekom.

Slegs skole wat in die finale van hul onderskeie provinsies gespeel het, kan in aanmerking kom om aan hierdie gesogte kompetisie deel te neem.

Die enigste Valke makroskole wat in 2014 gekwalifiseer het vir die Beeldtrofee kompetisie was Dr EG Jansen, Vereeniging Gimnasium, Jeugland en Kempton Park.

In die Valke finaal was Stoffberg se eerste rugbyspan ongelukkig om, na die sirene vir eindtyd geblaas het, punte af te staan en met 26-25 teen Brandwag te verloor.

Die span het egter die afgelope Saterdag daarvoor vergoed, deur Penryn College, van Nelspruit, met 30-0 af te ransel in die eerste rondte van die Beeldtrofee reeks.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button