Editor's noteLocal newsNews

Pannefees bied vanjaar nog meer

‘n Genotvolle Pannefees word op 26 en 27 September op die sportgronde van Laerskool Die Arend aangebied.

Die fees, wat vanjaar vir die tweede keer aangebied word, beloof twee dae se pret en vermaak vir oud en jonk.

Verskeie kunstenaars, soos Manie Jackson, Benice Borman, Dusty Dixon en JJ Stevens, sal oor die loop van die twee dae optree.

Daar sal ook ‘n groot verskeidenheid stalletjies wees, wat kos en ander snuisterye insluit. Verskeie besighede gaan ook hul produkte ten toonstel.

Die organiseerdeers beplan ook ‘n pretloop. Vlotte en veteraan motors gaan te sien wees tydens ‘n optog wat op Saterdag, 27 September, gehou gaan word.

Belangstellendes kan ook inskryf vir die Mej Pannefees 2014-kompetisie, wat ook op die Saterdag gehou sal word.

‘n Hoogtepunt is ‘n loopbaanskou wat deur die SANDF aangebied word, en daar sal ook ‘n uitstalling van wapentuie wees.

“Die kommitee van die Pannfees wil graag ‘n groot sukses van die fees maak, om te versker dat dit jaarliks al groter word,” het Martie Greyvenstein gesê.

“Ons doelwit is om besighede, banke, kerke en die publiek te betrek en sodoende gemeenskapsbande te bou.”

“Ons beoog om donasies te skenk aan instansies waar daar ‘n behoefte is.”

Persone en besighede wat betrokke wil raak kan vir haar by 082 461 9270 kontak, of vir Mike Bouwer by 082 683 4023.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button